Oor die skrywer

Bubble, die aantreklike ryer met sy lang wit kuif- is op toer saam met sy sussie Dimpel. Hulle ontmoet snaakse en baie interressante karakters. Bubble en Dimpel, weet nog nie waarheen hulle oppad is nie. Hy en sy sussie leer sommer baie en kry antwoorde op baie vragies. Hulle kom op die ou-end nie tot ‘n bestemming nie maar tot wysheid. Oor die skrywer: Woonagtig in Bloemfontein. Ek het stories begin skryf vir my seuntjie en dogtertjie omdat ek vir hulle herinneringe deur stories wil laat onthou. Elke storie dra ek op aan ‘n familielid, soos ek wil hê my kinders hulle moet onthou! Elke storie se karaktertjies is so uitgedink sodat dit by die familielid pas. Ek het geen skrywers ondervinding nie, ek lees elke storie oor en oor totdat ek en my kinders daarvan hou. Ek lees ongelooflik baie vir my kinders.  Hierdie boekie opgedra aan Ouma Bokkie (Bokkie Bok en die Ryers) is my heel eerste probeerslag en die boekie is na omtrent 8 maande, vir my perfek. Ek is mal daaroor om die stories vir my kinders te lees hulle geniet dit en lag daarvoor. Ek het so daarvan begin hou dat ek na my eerste probeerslag nog boekies begin skryf het. My man het die karaktertjies vir my begin skets en die stories het net nie opgehou nie.

Comments

Popular posts from this blog

My boeke oor my interesante familie

Verskillende karakters